In 'n pragtige groen suikervallei lê die dorp Pongola. Met sy diversiteit van mense en aktiwiteite kom die gemeenskap se veelsydigheid navore. Absa Inniriet is 'n fees deur die mense vir die mense van Pongola en omgewing.
Hier bring ons die nuutste kunstenaars en stalletjies met snuisterye na die omgewing.
Ons hou fees tot ounag toe en kuier saam op maat van musiek.  Oud en jong is deel van die
pret en daar word vermaak aangebied van speenoud tot stokoud. Soos net klein dorpies kan doen is die skole in die omgewing betrokke en word almal betrek.
Ons nooi graag uitstallers en kunstenaars om hier deel te kom wees van 'n fees wat hul nooit weer sal vergeet nie.  Ons kry jaarliks versoeke van kunstenaars om weer terug te kom, en telkens is die rede dat hierdie 'n uitsonderlike fees is.

Met borge soos Absa, ATKV, Artist Warehouse, Over The Top, ens kan ons kwaliteit vermaak waarborg.
Pongola spog met 21 gastehuise en verseker volop vriendelike verblyf in pragtige tuine en wildsplase.

Kom kuier en beleef plattelandse gasvryheid op sy beste!! 

'n Kuier is net wat jy nodig het!!!